NEFF-leier sê Namibië moet sy demokratiese stelsels aanpas
Die leier van die Namibian Economic Freedom Fighters, Epafras Mukwiilongo, meen daar is ‘n behoefte om die demokratiese regeringstelsel in Namibië te herevalueer en tradisionele kenmerke te integreer wat met die land se waardes en aspirasies strook. In sy mening is daar geen so ding soos Namibiese demokrasie nie. Hy sê die land se stigterslede het ‘n stelsel aangeneem wat geskiedkundige, kulturele en tradisionele politieke stelsels pas maar, hy sê dit is uitheems en nie in stap met hoe die voorvaders die land regeer het nie. Hy bevraagteken ook of al die stelsels en verskillende vertakkings, insluitend die parlement, vrye pers en meer, werklik die regte van elke Namibiër bevorder. Terwyl hy geen melding daarvan gemaak het nie, is sy vooraanstaande partylid Michael Amushelelo sedert 21 Maart vanjaar in aanhouding en borg word geweier.