Amerikaners, Suid-Afrikaners kondig repokoerse die week aan…
Alle oë is Donderdag op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wanneer hy sy rentekoers besluit aankondig. Intussen sal die Amerikaanse Federale Reserwebank sy koers Woensdag aankondig. Indien die Amerikaners die koers opstoot sal die dollar verder verstek wat inflasie in die buurland en plaaslik negatief sal beïnvloed. Suid-Afrika se koers is op 8,25 persent met Namibië s’n effe laer op 7,75 persent. Plaaslik word die volgende aankondiging op 25 Oktober verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende ekonoom Dawie Roodt gesels oor sy verwagtinge van die Amerikaners en die buurland se sentrale bank.