Rusland en Oekraïne vandag by die Strafhof 

Rusland en die Oekraïne sal vandag voor die Internasionale Strafhof verskyn in ‘n saak wat sentreer rondom bewerings deur Moskou dat sy inval in die Oekraïne uitgevoer is om volksmoord te voorkom. Oekraïne het die saak by die Verenigde Nasies se hoogste hof gebring net dae ná die Russiese inval op 24 Februarie verlede jaar. Kiëf voer aan Rusland misbruik internasionale reg deur te sê die inval was geregverdig om ‘n beweerde volksmoord in Oos-Oekraïne te voorkom. Russiese amptenare gaan voort om die Oekraïne daarvan te beskuldig dat hulle volksmoord gepleeg het. Rusland wil hê die saak moet uitgegooi word en maak beswaar teen die jurisdiksie van die hof. Die verhore, wat tot 27 September duur, sal nie in die meriete van die saak delf nie en is eerder gefokus op regsargumente oor jurisdiksie.