14 dood in vliegongeluk in Brasilië

‘n Vliegtuigongeluk in Braslië se noordelike staat Amazon het die lewens van 14 mense geëis. Amptenare sê die klein vliegtuig se vlieënier het die afgeleë dorp Barcelos in swaar reën en swak sig genader toe dit neergestort het. Die vliegtuig het 12 Brasiliaanse mans aan boord gehad wat na die streek gereis het vir sporthengel. Die twee vlieëniers het ook omgekom, met geen oorlewendes nie. Die vlug van 90 minute was van Manaus na Barcelos.