‘Buthelezi kon met alle kante van die politiek saamwerk’

President Cyril Ramaphosa sê een van die lesse wat die nasie uit die lewe van die Amazulu tradisionele eerste minister, Mangosuthu Buthelezi, kan leer is dat hy as leier gewillig was om oor die hele politieke spektrum saam te werk. Ramaphosa het die lofrede by die begrafnisdiens van Buthelezi in Ulundi gelewer. Hy sê hulle het nie altyd op ‘n politieke vlak saamgestem nie en hulle het hulle dikwels aan die teenoorgestelde kant van kwessies bevind: