Tshwane kry permanente interdik teen Samwu-stakers
Die Stad Tshwane het ‘n permanente interdik verkry teen stakende werknemers wat lede is van die munisipale werkersvakbond, Samwu. Die Arbeidshof het in Julie ‘n tussentydse bevel toegestaan wat die staking as onwettig en onbeskermd verklaar het. Die permanente interdik verhoed werknemers om aan onwettige stakings deel te neem, eiendom te beskadig of kollegas te intimideer. ‘n Woordvoerder van die stad, Lindela Mashigo, hoop die werkers sal die hofbevel respekteer en na hulle werk terugkeer: