Namibië moet sy eie saad vir landbougewasse ontwikkel
Dit is van die uiterste belang dat Namibië sy eie saad vir landbougewasse produseer om ontwikkeling van die bedryf aan te dryf, sodat minder gewasse ingevoer hoef te word. Dr Fidelis Mwazi, die hoof uitvoerende beampte van die Namibië Agronomiese Raad, het by die 2023 Nasionale Agronomie- en Tuinbou-toekennings gesê saadnavorsing en saadproduksie is van die sleutelareas wat die raad in werking gestel het. Dit is om te verseker dat gewasse aanpasbaar is en in ons omgewing groei. Mwazi het gesê dat die raad begin het om saam met die Universiteit van Namibië ‘n verskeidenheid sade te toets, om die sade te kies wat geskik is vir Namibië se klimaat.