Namibië is gereed vir vanaand…
Namibië het hul Rugby Wêreldbeker 2023-rekening geopen met ‘n nederlaag van 52-8 teen Italië in Saint-Étienne – ‘n wedstryd wat die Welwitschias se kaptein, Johan Deysel, beskryf het as “‘n wonderlike wedstryd om uit te leer”. Vanaand kom Namibië teen Nieu-Seeland te staan in Toulouse met die afskop geskeduleer vir 21:00. Kosmos 94.1 Sportnuus het met die Welwitschias se skrumskakel Damian Stevens gesels oor hul planne vir die toernooi.