Brink moet krisis met Samwu oplos

Gautengse afgevaardigdes op die Nasionale Raad van Provinsies het ‘n beroep op Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, gedoen om ‘n vriendskaplike oplossing vir die voortslepende munisipale staking te vind om verdere ontwrigting van dienslewering te vermy. Die raad het ‘n weeklange oorsigbesoek in Gauteng onderneem om regstellende maatreëls te bespreek en planne uit te voer om water- en sanitasie-uitdagings te hanteer. Die leier van die Gautengse afgevaardigdes, Mohammed Dangor, sê die staking vererger die water- en sanitasie-uitdagings wat inwoners raak: