‘n Miljoen ton water is in Libië vrygelaat

Daar word beraam meer as ‘n miljoen ton water is op een slag vrygelaat toe Storm Daniël dié week die ooste van Libië getref het. Kenners sê die vernietiging is meestal veroorsaak toe twee damme meegegee het in die normaalweg droë Wadi Derna-rivier wat vloei deur die stad Derna aan die Middellandse See. Ooggetuies sê die water het plek-plek bykans drie-meter bereik. Daar word berig kenners sê die damme het waarskynlik meegegee weens ‘n gebrek aan instandhouding en monitering, hoewel die krag van die storm geweldige druk bygevoeg het.