Kabinet implementeer kommunikasie strategie in streke

Die Kabinet het besluit om vier regerings-kommunikasiestrategie groeperings te implementeer. Hulle is grond en maatskaplike kwessies; handel en ekonomiese ontwikkeling; verdediging, veiligheid en internasionale betrekkinge; en Tesourie. Die Kabinet het regeringskantore opdrag gegee om die skakelbeamptes en fasiliteite van die Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie in die streke optimaal te benut, om regeringsprogramme en -aktiwiteite aan die publiek te kommunikeer. Die ministerie is ook beveel om seker te maak dat openbare media-agentskappe hul mandaat nakom, en dat hulle met gespesialiseerde personeel beman word. Die Direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het teenoor Kosmos 94.1 News kommentaar gelewer.