Internasionale uitdagings striem Namibiese landbou

Die land se voedsel-selfvoorsieningsyfer vir stapelvoedselgewasse soos wit mielies, mahangu en koring sal na verwagting onder 26 persent wees vir die 2023-oesseisoen, wat ‘n afname is van 38 persent in vergelyking met die 2022-oesseisoen. Minister Calle Schlettwein het in Okavango ges^e dit word toegeskryf aan die erge droogte wat in die vorige plantseisoen ervaar is, wat hoofsaaklik droëlandgewasse soos witmielies en mahangu geraak het. Internasionale geopolitieke uitdagings het swaar gevolge vir Namibië gehad, wat gelei het tot ‘n styging van meer as 30 persent in landbou-insetkoste, as gevolg van stygings in pryse van saad, landbouchemikalieë, brandstof en elektrisiteit. Hierdie koste het ook ‘n aansienlike effek gehad op pryse wat verbruikers vir die produkte betaal, het Schlettwein bygevoeg.