Windhoek Woordfees gaan iets aan almal bied

Groot opgewondheid heers oor die 11de Windhoek Woordfees wat vanjaar van 3-5 November by Droombos aangebied word. Met nie minder nie as nege produksies en items op die program, is daar tydens vanjaar se fees iets vir almal se smaak. Die feesprogram bied ‘n goeie mengsel van plaaslike toneel, sang, musiek en woordkuns, asook top toneelstukke en musiekkunstenaars uit Suid-Afrika. Vier van die produksies sal ook van 1-3 November by die kus aangebied word om die fees na ‘n groter gehoor in Namibië te bring. Ronelle Rademeyer, een van die organiseerders van die Woordfees het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.