Hage reis na New York, maar gaan kyk eers die Welwitschias

President Hage Geingob sal ‘n afvaardiging lei na die 78ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Die sessie hervat op 18 September en Geingob vertrek vandag en sal in Frankryk aandoen om die Welwitschias se wedstryd môreaand teen die All Blacks in Toulouse te kyk. Volgens die Presidensie sal hy verskeie forums bywoon insluitende sessies oor energie-oorgang, arbeid, klimaatsverandering en meer. Daar is geen melding gemaak van watter kabinetslede hom vergesel nie.