Diana se ‘swaartskaap-trui’ sal moontlik N$1,5m behaal

’n Rooi trui versier met ’n trop skape wat deur die jong prinses Diana gedra is, sal na verwagting vir tot 1,5 miljoen Namibiese dollar op ’n veiling verkoop word. Die speelse patroonwoltrui met ‘n enkele swart skaap tussen ‘n klomp wittes is die belangrikste item van Sotheby’s se aanlyn Fashion Icons veiling vandag. Die 19-jarige Lady Diana Spencer is in Junie 1981 tydens ‘n polowedstryd in die kledingstuk afgeneem, kort ná haar verlowing aan prins Charles, wat toe erfgenaam van die Britse troon was.