85 jaar vir 3 renosters

Drie mans is tronkstraf van 85-jaar opgelê nadat hulle drie renosters by die Pilanesberg-wildreservaat in Noordwes in Suid-Afrika gestroop het. Die Mogwase Streekhof het Arlendo Mhlanga, Adam Hlongwane en Inancio Chauke gevonnis nadat hulle in 2018 in hegtenis geneem is. Polisiewoordvoerder Henry Mamothame sê die horings met ‘n waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar wat in hulle besit gevind is, word verbeur aan die staat: