73% van Suid-Afrikaners is tevrede met ANC se hantering van pandemie

Minstens 73-persent van die bevolking van Suid-Afrika is van mening die regering het die Covid-19-pandemie goed hanteer. Dis ten spyte van verskeie amptenare wat by plundery en korrupsie betrek word. Navorsing deur die Ask Afrika-groep dui daarop die meerderheid landsburgers is tevrede met die algemene reaksie op die pandemie. Die uitvoerende hoof van die groep, Andrea Rademeyer, sê baie deelnemers keur die regering se kommunikasiepogings tydens die pandemie goed: