Onderwys hoor 8 September oor interdik oor kosverskaffers

Regter Boas Usiku sal na verwagting sy beslissing op 8 September maak in verband met ‘n dringende aansoek deur die onderwysministerie. Die ministerie vra vir ‘n interdik teen die hersieningspaneel van die sentral verkrygingsagentskap se besluit om kontrakte wat aan vier voedsel-verskaffers gegee is, op te skort. Die ministerie vra vir die interdik terwyl die hof die hoofaansoek oorweeg. Die ministerie sê daar is ‘n daadwerklike risiko dat voedselvoorrade by koshuise regoor die land op kan raak. Die aansoek vir hersiening is deur ‘n maatskappy, wat nie ‘n kontrak gekry het nie, gebring en die verkrygingsraad het op 26 Julie beslis die vier kontrakte word teruggetrek. Intussen het die finansminister spesiale toestemming aan onderwys gegee om voedsel aan te koop sonder enige tenderproses.