73 Angolese babas in 11 maande by Etunda gebore

Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, het tydens die repatriasie van die Angolese burgers gesê altesaam 73 babas is in die elf maande gebore by Etunda gebore waar die Angolese gekamp het. Die goewerneur het gesê die babas het hul geboortesertifikate ontvang en is gedoop. Hy het gesê 18 Angolese babas wat in Namibië aangekom het, het weens hongersnood gesterf. Endjala het ook bevestig dat daar geen positiewe Covid-gevalle by Etunda aangemeld is nie.