ANC distansieer homself van besoek van Ace aan Limpopo

Die ANC het hom gedistansieër van ‘n besoek deur die geskorste sekretaris-generaal van die party, Ace Magashule, aan die Sumbandila-tak in die Vhembe-distrik ‘n dag voor die ANC se 110de herdenkingsvierings Saterdag. ‘n Lid van die nasionale uitvoerende komitee, Nomvula Mokonyane, sê Magashule se besoek het niks met die ANC te doen nie. Sy het by die party se kantore in Polokwane gesê dat sy onbewus is van Magashuile se bewegings. ‘n Lid van die Sumbandila-tak, Fistos Mafela, het bevestig dat Magashule se besoek ‘n inisiatief is om weeskinders en die jeug by te staan.