71 uit 470 toelaag-begunstigdes in Kavango is wettig – ondersoek

Die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid en maatskaplike welsyn sê dat begunstigdes in die Kavango Wes-streek weer op die stelsel is vir maatskaplike toelae. Dit volg na ‘n ondersoek deur die polisie getoon het dat daar moontlik 470 begunstigdes is van die ongeskiktheidstoelaag wat bedrieglik was. Betalings aan die begunstigdes is onmiddellik gestaak en die ondersoek is verdiep. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, Martha Mbombo is daar uiteindelik bevind, na mediese toeste ook uitgevoer is, dat daar net 71 regmatige begunstigdes van die fondse is en betalings aan die ander individue is opgeskort. ‘n Lys met die name van die 71 lede sal op kennisgewingborde in die streek aangebring word sodat hulle kan aanmeld en weer besonderhede verskaf.