NamRA vergader met Chinese sakelui

Die Namibiese inkomste-agentskap, NamRA, het meer inligting gedeel oor sy konsultasies met die Chinese Algemene Kamer van Handel en Nywerheid in Namibië. Die agentskap se woordvoerder, Steven Ndorokaze, sê dit is nie ‘n geteikende groep nie, dit gaan eerder oor die nakoming van die belastingwetgewing die land. Tydens die vergadering het kommissaris Sam Shivute Chinese van NamRA sakelui aangeraai om betroubare boekhouers te gebruik en volledige rekords van sake te hou. Ndorokaze gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy voeg by dat NamRA môre ‘n vergadering het met klaringsagente en SME-invoerders oor kwessies van wedersydse kommer soos onder andere, prosedures van uitklaring en bewerings van vermiste pakkies by doeanekantore.