60 dae se skietstilstand in Jemen

Na sewe jaar van konflik in Jemen, is ‘n landwye wapenstilstand van twee maande in plek. Dit val saam met die begin van die Moslem heilige maand van Ramadan. Die ooreenkoms is deur die Verenigde Nasies onderhandel tussen ‘n koalisie gelei deur Saoedi-Arabië en die rebellegroep Houthi wat hom by Iran skaar. Tien-duisende mense is reeds dood in die konflik en miljoene is aan honger onderwerp. ‘n Spesiale gesant van die VN, Hans Grundberg, sê die wapenstilstand kan met die toestemming van die partye hernu word.