6 Januarie: Steve Bannon sal getuig

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, se strateeg, Steve Bannon, is volgens berigte gewillig om te getuig voor die Huis se gekose komitee wat die 6 Januarie-voorval by Capitol Hill ondersoek. Bannon, wat twee aanklagte van minagting van die kongres in die gesig staar nadat hy voorheen geweier het om te getuig en nie dokumente ingedien het nie, se verhoor begin komende Maandag. Die komitee sê hulle wil Bannon ondervra omdat hy vooraf spesifieke kennis gedra het oor die gebeure wat vir 6 Januarie beplan was.