57 siek na Wêreld Driekamp-reeks
Die Britse Gesondheidsekerheid-agentskap het bevestig minstens 57 mense het diarree opgedoen en begin braak nadat hulle in die see geswem het tydens die plaaslike skof van die Wêreld Driekamp-kampioenskapsreeks. Die agentskap sê hy ondersoek die moontlike rede vir die uitbreking. Roetine toetse wat enkele dae voor die kompetisie uitgevoer is, het hoё vlakke van E-coli-bakterieë in die water gevind. Ongeveer 2 000 mense het aan die geleentheid deelgeneem.