57 dood in selfmoord bomaanval in Pakistan

Ten minste 57 mense is dood in ‘n selfmoordbomaanval by ‘n Sjiïtiese moskee tydens Vrydag-gebede in die stad Peshawar in die noord-weste van Pakistan. Die dodetal sal na verwagting aansienlik styg, aangesien baie van die beseerdes in ‘n kritieke toestand is. Geen groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Dit is een van die dodelikste aanvalle in jare op Pakistan se Sjiïtiese minderheid, wat lank reeds die teiken is van Sunni Moslem Islamitiese militante. Die aanval kom terwyl die Australiese krieketspan vir die eerste keer in meer as twee dekades in Pakistan toer.