Bulle het sterk span vir vanmiddag se kragmeting

Die Bulle se span vir vanmiddag se Curriebeker-kragmeting met Griekwas in Kimberley is versterk deur die insluiting van etlike van hulle Verenigde Kampioenskapspelers. Verskeie van die sterre van verlede naweek se VRK-oorwinning oor Zebre in Parma is ingesluit. Kaptein Marcell Coetzee kan steun op die leierskap van spelers soos Kurt-Lee Arendse, Cornal Hendricks, Bismarck du Plessis en Embrose Papier. Die Haaie het die Pumas gisteraand in Mbombela met 27-10 geklop. Die naweek se ander Premierliga-wedstryd is tussen die Vrystaat en die Leeus in Bloemfontein.