56 vas na gyselaarsdrama met twee ministers by Irene in Pretoria

‘n Groep ontevrede militêre veterane in Suid-Afrika het gisteraand die minister van verdediging, Thandi Modise, haar adjunk, Thabang Makwetla, en die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, gyselaar gehou by die St George’s-konferensiesentrum in Irene by Pretoria. Die groep het die drie verhinder om ‘n vergadering te verlaat. Vish Naidoo van die polisie sê ‘n spesiale taakspan het hulle gered. Hy sê 56 mense is in hegtenis geneem en drie is beseer. Gungubele sê die voorval was onhoudbaar en wetlik onaanvaarbaar: