Omgewingsministerie herdenk boomplantdag

Die Namibiese omgewingsministerie vier vandag Nasionale Boomplantdag. Die ministerie moedig Namibiërs aan om bome te plant en wil die publiek bewus maak van hoe belangrik bome vir die omgewing is. Die minister, Pohamba Shifeta, gaan by M.H. Greeff Primêre Skool in Khomasdal in die hoofstad aan die boomplantseremonie deelneem.