5,4 ton kokaïne in Colombia gevind

Owerhede in Colombia, in samewerking met owerhede in die VSA en Panama, het beslag gelê op 5,4 metrieke ton kokaïne met ‘n beraamde waarde van 185 miljoen Amerikaanse dollar. Die dwelms is op ‘n snelboot gevind en deur die kuswag ingejaag. Owerhede sê die dwelms was op pad na die VSA en kenners meen die besending het 16 miljoen dosisse bevat. Daar word beweer dat die besending deur Clan del Golfo gesmokkel is. Die bendegroep word deur Otoniel gelei, Colombia se mees gesoekte dwelmsmokkelaar. Die bende het ongeveer 1 600 lede wat meeste verregse huursoldate is.