500 000 Turkse angeliere vir Elizabeth se begrafnis

Turkse blomkwekers is besiger as ooit met die vraag na angeliere wat sedert koningin Elizabeth II se dood met 90 persent toegeneem het. In die suide van Turkye moes blomkwekers hul werksmag met 50 persent vergroot om in die aanvraag te voorsien. Turkish Airlines se dogtermaatskappy, Turkish Cargo, sê hulle het begin om meer as 500 000 blomme wat sowat 13 ton weeg van Antalya en Isparta na Engeland te vervoer vir die begrafnis wat Maandag plaasvind.