474 voertuie by landbou ‘vermis’ – Kandjeke

Die landbouministerie kan nie rekenskap gee vir meer as 474 voertuie nie. Die ouditeur-generaal sê daar is geen verduideliking daarvoor gegee in die 2020-2021 boekjaar se oudit nie. Die voertuie sluit swaar voertuie, bakkies, sedanvoertuie en minibusse in. Motorfietse en sleepwaens is ook vermis. Hy sê dat op 31 Maart 2022 sê die state van die ministerie dat hy 88 sedanvoertuie het en dan op 1 April, is daar 278 sedanvoertuie. Junias Kandjeke sê sy kantoor het ‘n verduideliking aangevra maar, die uitvoerende direkteur het geen kommentaar gemaak nie.