45 sakke met menslike oorskot in Mexiko gevind

Mexikaanse owerhede het 45 sakke met menslike oorskot buite die westelike stad, Guadalajara, gevind. Die oorskot is gevind terwyl owerhede na sewe jong werkers van ‘n oproepsentrum gesoek het wat verlede week uit die Zapopan-distrik verdwyn het. Beamptes sê hulle sal voortgaan om vas te stel hoeveel liggame daar is, wie dit was en wat hulle dood veroorsaak het. Sulke ontdekkings is nie vreemd in Mexiko nie. Meer as 110 000 duisend mense is in dié land as vermis aangemeld, met 40 000 net in die afgelope vier jaar, en baie van hulle was die slagoffers van die land se dwelmkartelle.