43% meer koka in Colombië aangeplant

Colombiaanse landerye wat met koka beplant is, die plant waarvan kokaïen vervaardig word, het verlede jaar die hoogste vlakke in twee dekades bereik. Die VN se Kantoor vir Dwelms en Misdaad sê die gebied waar koka verbou word het vanaf 2020 met 43 persent opgeskiet tot 204 000 hektaar in 2021. Potensiële kokaïenproduksie het verlede jaar ook rekordvlakke bereik op 1 400 ton, 14 persent meer as 2020, volgens die agentskap. Dit is die hoogste syfers in 22 jaar.