Vergadering tussen NEFF, ministerie ontaard in chaos

Verteenwoordigers van die arbeidsministerie, sowel as die minister Utoni Nujoma, het met lede van die Namibian Economic Freedom Fighters vergader. Dit kom na amok wat die party se sogenaamde aktiviste by verskeie besighede in die land gemaak het. Dit het in chaos ontaard met Nujoma wat later die vergadering beëindig het.