3rde vlaag kom in Gauteng aan

Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes sê daar is tekens van ‘n derde korona-virus vlaag in Gauteng. Die provinsie het nou meer as 4 000 aktiewe Covid-19 gevalle. Professor Adrian Puren van die Instituut sê die getalle in sommige gebiede verdubbel weekliks.