33 000 ID’s is nog nie afgehaal nie

Die ministerie van binnelandse sake blyk om goed te vorder met nasionale dokumente. Volgens die adjunkminister Lucia Witbooi het die ministerie vanjaar 92 330 geboortesertifikate uitgereik deur vaste registrasiepunte sowel as mobiele punte. Geboorteregistrasie is uiters belangrik om in die toekoms nasionale dokumente te bekom sowel as vir dienste soos onderwys, gesondheidsorg en maatskaplike beskerming. In totaal is daar 106 mediese fasiliteite wat gekoppel is aan die elektroniese registrasiediens. Intussen het die ministerie vanjaar net meer as 116 000 ID-dokumente uitgereik maar, net meer as 33 000 is nog nie afgehaal nie. Die ministerie doen ‘n beroep op diegene wat aansoek gedoen het om hulle dokumente te kom haal.