30 sterf in etniese aanvalle in Suid-Soedan

Meer as 30 mense, waaronder vroue en kinders, is volgens die VN dood in gewapende aanvalle in Suid-Soedan waar voorvalle van etniese geweld gereeld ondervind word. Die jongste aanvalle was in twee nedersettings in die Jonglei-streek waar gewapende jeugdiges van ‘n etniese groep op burgerlikes losgebrand en eiendom aan die brand gesteek het. Die VN-missie sê drie van die slagoffers was kinders wat verdrink het toe hulle probeer vlug het.