280 sterf, tot dusver, in Afghanistan-aardbewing

’n Aardbewing wat 6.1 op die Richterskaal gemeet het, het vanoggend in Afghanistan voorgekom. Minstens 280 mense is dood met honderde wat tot dusver beseer is. Die aardbewing het sowat 44 kilometer van die stad Khost, naby die Pakistanse grens, voorgekom. Die Amerikaanse Geologiese Opname sê die skuddings was uiters sterk. Die meeste van die bevestigde sterftes is in die oostelike Afghaanse provinsie Paktika.