Kenners sê nog sake kom teen Cosby

Daar is volgens berigte uit die VSA meer as 60 slagoffers van Bill Cosby wat na vore getree het. Die 84-jarige Cosby is van twee strafregtelike aanklagte van seksuele aanranding in Pennsilvanië aangekla maar dit is verlede jaar omgekeer en hy is ná byna drie jaar agter tralies vrygelaat. Nou word slagoffers gedwing om hom siviel aan te kla en die eerste oorwinning is in die VSA aangeteken. Judy Huth, nou 64-jaar oud, beskuldig Cosby dat hy haar en ‘n vriendin na die herehuis gelok het. Daar het hy haar alleen in ‘n kamer gekry en seksueel aangerand. Cosby is beveel om Huth 8 miljoen Namibiese dollar aan skadevergoeding te betaal. Huth sê sy voel dat haar klag geregverdig is.

Daar is talle ander sake teen Cosby wat steeds hangend is met talle ander waarin hy reeds geskik het.