23 miljoen koppies koffie vir jou?

Drie-en-twintig-miljoen koppies koffie kon gemaak word met die hoeveelheid kitskoffie wat verlede jaar op Black Friday in Pick n Pay-winkels in Suid-Afrika verkoop is. Die kleinhandelreus sê van 2020 se gewildste items was rys, wat 7,5 miljoen maaltye kon maak en genoeg televisiestelle om amper al die huishoudings in ‘n klein voorstad te voorsien. Pick n Pay se woordvoerder, Andrew Mills, sê met verloop van jare het kopers toenemend die enorme besparings gebruik om voorraad aan te vul vir die feesseisoen.