22 lenings, 12 eiendomme opgeëis by Mosiehof

Die Mosiehof in die hoofstad het vanoggend 80 aansoeke op verstekvonnisse aangehoor waarvan 12 reël 108 aansoeke was. Dertig is deur kommersiële banke gebring en lenings het die rol gedomineer. ‘n Totaal van 22 lenings met uitstaande betalings van 4,87 miljoen Namibiese dollar is opgeëis terwyl 12 eiendomme, ter waarde van 13,53 miljoen dollar is teruggevra. Ses voertuie is ook opgeëis weens wanbetaling. Die sessies is deur regters Thomas Masuku en Hannelie Prinsloo hanteer. Regter Collins Parker sal Maandag se sitting hanteer met 44 onverdedigde egskeidings op die rol.