21 brand in Gaza tydens verjaarsdagpartytjie dood

Minstens 21 mense, wat tien kinders insluit, is dood ná ‘n brand op die derde vloer in ‘n wooneenheid in die dig-bevolkte Jabalia-vlugtelingkamp in die noordelike Gaza-strook. Jabalia is een van agt vlugtelingkampe in Gaza. Amptenare sê ‘n aanvanklike ondersoek het aan die lig gebring dat groot hoeveelhede petrol op die terrein gestoor is en die vuur het moontlik begin na kerse op ‘n verjaardagkoek brand gesteek is. Dit wil voorkom asof die petrol die vlamme aangevuur het en die gebou is vinnig verswelg. Die Wesbank-gebaseerde Palestynse President Mahmoud Abbas het dit ‘n nasionale tragedie genoem en vandag as ‘n dag van rou aangekondig.