Namcor se Imms getuig steedsJuly 24, 2025
Die oud-besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, getuig tans in sy borgaansoek en het aan die hof gesê dat hy nie vir Leo Nandago, die negende beskuldigde in die voortgesette korrupsiesaak, ken nie. Mulunga sê hy het Nandago in die hof ontmoet. Hy sê verder dat alle ooreenkomste tussen Namcor en Erongo Petroleum deur Austin, Peter Elindi se seun, hanteer is. Verdedigingsadvokaat Ileni Gebhardt, wat Nandago verteenwoordig, het aangevoer dat Austin Elindi die hoofkontakpunt met Namcor was. Die aansoek duur voort in die laerhof in die hoofstad.