Besighede systap Jan Taks in Erongo, Kunene July 13, 2025
Besighede in die Erongo- en Kunene-streke skuld Jan Taks meer as 9 miljard Namibiese dollar in uitstaande belasting. Volgens die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, is meer as 20 600 besighede in dié streke geregistreer, maar voldoen net ‘n fraksie van hulle aan belastingvereistes. NamRA het sake-eienaars aangemoedig om van die regering se belasting-amnestieprogram gebruik te maak.