Outjo se vermeende beesslagters verskyn weerJuly 10, 2025

Die vier vermeende beesslagters van Outjo sal weer vandag in die hof op die dorp verskyn. Landdros Peingonjabi Shipo het op 8 April die saak uitgestel en beveel hulle bly in aanhouding. Killian Masela, 47, Matheus Kataeko, 34, Vevangapi Kambampa, 30, en Titus Nekongo, 41 word daarvan beskuldig dat hulle 31 beeste in die Outjo-distrik van twee plase gesteel het. Drie het in April skuld beken en een sal verdedig. Die ondersoek vorm deel van ‘n groter saak wat meer as 60 beeste behels wat van verskeie plase in die Outjo-distrik gesteel is en uiters wreed geslag is.