Groot hoeveelhede dwelms in Junie gevindJuly 9, 2025
Al hoe meer dwelms word in die land gevind en die Namibiese polisie sê Junie was geen uitsondering nie. Die mag het 696 kilogram dagga gekonfiskeer. ‘n Totaal van 331 Mandrax-tablette, 7,2 gram kokaïenpoeier, 128 eenhede crack-kokaïen en 14 strooitjies tik is ook gedurende die maand gevind. Daar is 137 verdagtes gearresteer waaronder 129 Namibiërs is. Angolese, Tanzaniërs en Zambiërs is ook agter tralies. Kenners meen die beslagleggings is ‘n druppel in die emmer van die dwelms wat in die land is.