Burger is trots op sy span July 9, 2025

Die Welwitschias het hul onoorwonne rekord teen Senegal behou met ‘n 55-17 oorwinning by die 2025 Rugby Afrika-beker toernooi. Hulle gaan daarmee deur na die halfeindrondte van die toernooi wat in Kampala, Uganda gespeel word en draf Sondag teen Algerië, wat 41-6 teen Ivoorkus gewen het, uit. Die direkteur van Namibiese Rugby en tussentydse afrigter van die Namibiese span, Jacques Burger sê hy is trots op die span.