Namibia Berries brei uit July 8, 2025

Standard Bank het 40 miljoen Namibiese dollar in befondsing aan Namibia Berries verskaf, ‘n grootskaalse bloubessieboerderyprojek naby Divundu in die Kavango Oos-streek. Volgens The Brief is die finansiering gelyk verdeel tussen bedryfskapitaal en kapitaaluitgawes. Namibia Berries beoog om meer as 500 hektaar bloubessies in vier fases te ontwikkel. Tans is 90 hektaar onder produksie, met ‘n verdere 30 hektaar wat voorberei word. Die projek is in 2021 van stapel gestuur en het reeds meer as 200 miljoen dollar in aandeelhouerbelegging gelok.