Meer inligting oor Lafrenz-transitoroof bekendJuly 8, 2025

Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na die transito-rowers wat verlede week by die Lafrenz Total-diensstasie in Windhoek toegeslaan het. NamPol woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi sê die verdagtes word gesoek in verband met aanklagte van roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en kwaadwillige eiendomskade. Die gewapende verdagtes het twee sekuriteitsbeamptes van Southern Cross in ‘n hinderlaag gelei toe hulle kontant vir ‘n Standard Bank-OTM by die diensstasie gedeponeer het. Hulle het die wagte se wapens afgevat en weggekom met ‘n geldkis wat sowat 560 000 Namibiese dollar bevat het. Die polisie het die wegkom-voertuig by een van die verdagtes se hut gevind, asook ‘n haelgeweer en die leë geldkis. Niemand is tot dusver gearresteer nie.